17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Vandeesweek gebruik Riaan ’n ou vensterraam en wys hoe maklik dit is om ’n koffietafel met die raam te maak waarin jy al jou tydskrifte en boeke kan bêre. Hy demonstreer ook ’n nuwe produk waarmee jy die ou stopverf in vensterrame mee kan vervang.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita gaan besoek Emma en vandag is Oubaas se beurt in die hof. Paula kry onverwagse terugvoer oor haar video.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Isabel spring vir Astrid en Lindie voor en doen wat sy lankal wou. Marius en Vicky kry eindelik goeie nuus en die mense van Villa Rosa is saam met hulle bly. Liam  kom sy Moses teë en kry nie wat hy eintlik wou hê nie. Astrid speel haar kaarte reg en Lindie moet die moeilikste keuse van haar lewe maak.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius word verras met ’n boodskap van iemand uit sy verlede – en probeer dit van Daleen wegsteek. Kobus probeer ’n afspraak vermy, en At en Jana probeer agter die kap van die byl kom met Zieg. Morné is onseker oor wat Michelle se verwagtings is, en Jana is ’n ooggetuie tot ’n groot terugslag.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span kuier by die fiksste vrou in Afrika, Celestie Engelbrecht, en die dramaturg Christiaan Olwagen kuier op die bank. Dan wys hulle watter video’s van Feite en Geite en ook die Kwêla Funnies die finale ronde gehaal het.

20:30 Love That Girl (SABC 2): ’n Jong, geskeide vrou keer terug na haar tuisdorp om onafhanklik te wees en ’n nuwe lewe te begin.

20:30 Meeulanders (SABC3): Ryna van Rensburg vlug na ’n eiland om van haar verlede te ontsnap.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.