17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Spoorweg-dwarslêers vertel die storie van ons spoorweg se geskiedenis. Deesdae word hierdie duursame houtstawe met beton-dwarslêers vervang. Die Nutsman wys ons hoe om hierdie skaars houtbalke te laat herleef en maak ’n klassieke spieëlraam en bedkassie-lampie.  Hy wys ook hoe om romantiese kershouers van leë blikkies te maak.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus speel met vuur. Neville stem in om Emma te help.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef en Vicky vind uit aan wie die naamlose ID-boekie behoort. Marco besef sy speletjie is verby toe Astrid hom met die ware feite konfronteer. Marius maak ’n afspraak om alleen met Lindie te praat. Stef steek ’n stokkie voor Marco se planne om uit Bloemfontein te verdwyn. Sussie is nie voorbereid op die skok wat op haar wag nie.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): ’n E-pos maak die wêreld nog ondraagliker vir die Jonkers, en Ivanka loop haar rieme styf by Amoret. Iemand vra Tertius om hulp. Dit word vir ’n dokter baie duidelik hoe At en Adler oor mekaar voel. ’n Onverwagse soen en ’n hand van vriendskap kan ’n sakevrou se lewe bemoeilik.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span vind uit hoe ’n groot verskil ’n teddiebeer in iemand se lewe kan maak, en bring ’n dag deur met Vincent Daniels, ’n pionier in die blinde gemeenskap. Helena Bester, ’n kenner op die gebied van aandaggebreksindroom, kuier op die bank. En dan kyk ons na week drie van Kwêla Funnies!

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan onthul sy ware identiteit aan Larry en word dan deur ’n paar gevolge in die gesig gestaar.

20:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

22:30 Hot In Cleveland (SABC3): Drie vroue se lewe word drasties ontwrig toe hul vliegtuig in Cleveland pleks van Parys land.