Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Errol vind homself in ’n baie ongemaklike gesprek. Ty is moeg vir Gita wat hom rondstuur. Altus is terug by die werk en probeer inhaal wat hy gemis het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky probeer hard om nie ’n vyand van Jenny te maak nie. Saskia gee vir Stef ’n interessante brokkie inligting wat hom weer op ’n missie sit om Liam vas te trek.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode dink Sheldon hy werk beter onder swaar druk, en ’n internetkommentator sê sy sê oor Leonard en Sheldon se wetenskapstuk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli is ongemaklik met ’n pasiënt se uitlatings, terwyl Pippa en Daleen bekommerd is oor Ivanka. Jana is opsoek na Roelf, en Christiaan se uitbarsting laat Gustav stom.

20:00 Kwêla (kykNET): Die wenner van die dorpkompetisie word aangekondig en mense van die wendorp kuier in die ateljee. Dan vertel Hannerie Visser meer oor straatkos. Die span loer in by World of Rugby en kyk watter verskil dié organisasie in kinders se lewe maak.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar. Vanaand is die lootsepisode.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode word Alicia en Elsbeth gedwing om saam te werk wanneer hulle by ’n spioenasiesaak betrek word.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand reis die span na Dries Visser wat sy swartwitpense vir hulle wys. Jokl span al sy sintuie in om ’n rooiribbok in die Oos-Kaap plat te trek.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode kry Big Boo ’n gewaagde manier om ekstra geld te maak, en Caputo moet belangrike besoekers beïndruk.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.