17:30 Maatband (KykNET): Moria ondersoek die bohaai oor die befaamde vampier-gesigsbehandeling wat deur Kim Kardashian aan die wêreld bekendgestel is.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Antony bevind hom op ’n onbekende terrein met Lerato wat tot oor haar ore verlief is. Astrid laat Santie verstaan dat haar dienste om Wouter te verlei verby is. Vicky maak Sussie ’n aanbod om Louw op te pas.

18:30 7de Laan (SABC 2): Bonita konfronteer vir Gita oor Vince se situasie by die Deli. Annelie en Pieter moet besluit oor wie se drome die belangrikste is.

18:30 Binneland (KykNET): At begin sy veldtog om van Rian ontslae te raak. Naomi sukkel om ’n pasiënt te kry om haar opdragte te gehoorsaam. Gideon probeer vertroosting bied.

19:30 Kwêla (KykNET): Die dramaturg Athol Fugard, joernalis Max du Preez, gemeenskapsleier Bruce Koopman en meubelontwerper David Krynauw kuier saam met Kwêla.

19:30 Modern Family (M-Net): Jay vat vir Manny om hulle eie Kersfeesboom af te kap. Gloria se ma maak haar op haar senuwees. Cam vat vir Lily na ’n liefdadigheidsgeleentheid om vir haar die ware betekenis van Kersfees te leer.

20:00 The Millers (M-Net): Carol se irriterende ouers kom kuier vir Kersfees. Om haar ma te vermy kry sy vir Nate en Tom om voor te gee dat hulle gelukkig is, maar Nate begin die leuen te glo en oorweeg dit om weer terug te gaan na sy eksvrou.

21:00 Isidingo (SABC 3): Ben probeer om vir Brad teen Barker te draai. Calvin ontvang 'n anonieme dreigement. Agnes probeer uitvind of Zep kroek met sy dieet.