17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Johan Bakkes gaan wys ons sy spesiale plekke in die suide van Namibië. Ons maak ’n draai in die Richtersveld Nasionale Park, besoek die Visriviervallei en gaan kyk hoe dit lyk op Luderitz.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Willem is ’n slegte invloed op Nadia. Sal Herman sy ware kleure wys of sal hy met moord wegkom. Retief is op die oorlogspad – hy is moeg vir Sonja se kinderagtige gedrag.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius en Stef ondersteun ’n moedelose Carina om agter Liam se waarheid te kom, Celine maak vrede met Eben. Marius is woedend oor Louw wat die Villa belet is en Stef vermoed Vicky het gejok oor Liam se aanranding.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi vat vir Adelyn vas oor ’n man – en moedig haar vriendin aan om met Nick te praat. Herman en Gustav se vete duur voort, en lei tot ’n skok-besluit. Leon soek antwoorde oor Anleo, en Wimpie word gewaarsku. Morné se idee word afgelag deur Liezl, en Nick maak ‘n ontdekking oor homself.

20:00 Kwêla (kykNET): Dis die Suidoosterfeesbal en ons gaan groot by die afskopgeleentheid van die Suidoosterfees. Ons kyk agter die skerms van die pantomime Aspoestertjie met Karlien van Jaarsveld en Izak Davel in die hoofrolle.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.