18:00 Villa Rosa (kykNET):  Die Villa Rosa-inwoners probeer mekaar uitstof met geskenke vir Fritz se verjaarsdag. Astrid kloek soos Moeder Hen om die bottel wyn wat sy kamma vir Fritz gegee het.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Karli en Quinton het ál minder tyd vir Binneland. Margot verkeer onder die indruk dat Gustav haar beledig. At en Okkie is betrokke in ’n woordewisseling as gevolg van Wimpie. Zadie is jaloers op Krige.

19:30 About A Boy (M-Net): Marcus se pa kom kuier by hom, maar dit lyk nie of hy regtig daarin belangstel om tyd saam met sy seun deur te bring nie.Will kan hom nie bedwing nie en raak betrokke.

19:30 Kwêla (kykNET): Therese Benade kuier vanaand by Huisgenoot se geliefde kosredakteur Carmen Niehaus, terwyl Coenie de Villiers met die joernalis en wetenskapskrywer George Claassen op die bank gesels.

20:00 The Millers (M-Net): Carol het die slegste Moedersdag ooit omdat Nathan daarvan vergeet het en nie vir haar ’n geskenk gekoop het nie.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.