Wat is vanaand op die kassie?

17:30 Maatband (kykNET): Bowen-terapie, ’n helende tegniek, word ondersoek. Moria gesels met Susan en Sherri Smit van die tydskrif My Wedding Day oor hoe om die volmaakte troudag te reël. Sy bekyk ook die wêreldwye tendens van mans wat nie-chirurgiese prosedures gebruik om jonger te lyk.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie gesels met die sanger Kurt Darren en die akteur Chris van Niekerk. Reynard woon die Fees van die Narre in Pretoria by. Suzaan ontmoet die inspirerende Paul Steyn, wat nou liefdadigheidswerk doen nadat sy regterbeen op skool afgesit is.

19:30 Mooiloop! (SABC2): Vandeesweek kuier Valiant en Denvor saam met die aktrise Leandie du Randt op Dullstroom in Mpumalanga. Valiant probeer weereens om ’n forel vas te trek, terwyl Denvor nader kennis maak met ’n valk en Leandie kleiduif skiet.

20:30 The Mentalist (M-Net): Die CBI ondersoek die moord op ’n eiendomsagent wat voorheen ’n bendelid was.

21:30 Pretty Little Liars (M-Net Series Showcase): Terwyl Emily die fles vol verdowingsmiddel aan Paige probeer verklaar, kom sy tot nuwe insigte oor daardie aand. Spencer vra Caleb se hulp. Aria vind meer uit oor Ezra se verlede.

22:00 Supernatural (SABC3): Castiel sukkel om sy nuutgevonde mag te hanteer. Sam stel homself en Dean in gevaar namate hy begin ingee onder die druk van Lucifer wat met sy kop smokkel.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.