17:30 Woef & Kie (kykNET): Die West Highland-terriër word bekyk, kykers vind uit hoe lyk die DNS-toetse wat op die Wetnose-honde gedoen is en woon ’n skool vir klein hondjies by.

19:30 Modern Family (M-Net): Die vyfde seisoen begin. Cameron en Mitchell is opgewonde toe hulle hoor gay huwelike is nou wettig. Gloria is bekommerd oor Manny se vakansie in Colombia. Phil en Claire beplan tyd op hulle eie weg van die kinders.

19:31 Kwêla (kykNET): Coenie-hulle  gesels met die sanger en liedjieskrywer Stef Kruger, die skrywer Abraham Phillips en skaaphondhanteerders Andrew en Pippa Philips. Die wenners van die Feite & Geite-videowedstryd word aangekondig.

20:30 Ultimate Braai Master (SABC30): Vanaand is dit weer tyd vir hierdie gewilde werklikheidsreeks.

21:33 Family Tree (M-Net): Tom en Ally ontmoet vir middagete en leer mekaar beter ken. Bea en Pete kom aan in Los Angeles om saam met Tom sy laaste twee weke in Amerika deur te bring.

22:00 Supernatural (SABC3): Dean ontmoet ’n interessante vrou in ’n kroeg terwyl hy aanvalle ondersoek waartydens die slagoffers met ’n vreemde simbool gebrandmerk is.