17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Turkye Deel 1: Min mense is bewus dat ’n groot deel van die Bybel in Turkye afspeel. Ons stap deur die strate van Efese en besoek die graf van die profeet Johannes en ook Maria se huis.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda is reg om op te gee – wat het Oubaas dan nou weer aangevang? Kim speel met vuur. Paula is in ’n moeilike posisie. Sy wil professioneel bly, maar sal haar emosies in die pad kom?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz doen ’n beroep op die Villa Rosers om Lida by te staan gedurende haar rouproses. Liam sit druk op Saskia wat wroeg oor die aankoop van Gunther se aandele.

18:30 The Voice (M-Net): Kyk hoe Blake Shelton, Pharrell Williams, Adam Levine en Christina Aguilera saam soek vir die volgende groot superster.

19:30 Binnelanders (kykNET): Liezl maak ‘’n briljante voorstel en Jana glo vas dat sy weet wat aan die gang is met At – met verrykende gevolge vir haarself. Pippa maak ’n skokaantyging.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.