18:00 Villa Rosa (kykNET): Marius en Sussie is oortuig dat Vicky swanger is en Marius is erg bekommerd oor hoe dit sy verhouding met Louw sal affekteer. Hulle probeer Stef toets, maar Stef is duidelik onbewus daarvan. Net toe Wouter dink sy verhouding met Lente kom nou mooi op dreef, gebeur daar weer iets wat hom ontnugter. Eben en Carina vermoed daar is groot probleme met hul ouers se verhouding, maar AJ verklap nie veel nie.

18:30 Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 7de Laan (SABC2): Waar kry Irma skielik die geld om vir Sonja se sonarondersoek te betaal? Gaan Pulane ingee onder Jackson se druk?

18:30 Binnelanders (kykNET): Okkie en Ilse maak nog ’n skokkende onthulling oor Wimpie se familie, terwyl Margot begin glo Bianca is in lewensgevaar. Tot Jana se verbasing verander Adler skielik sy aanslag.

19:30 Kwêla (kykNET): Neil Powell, die afrigter van die Suid-Afrikaanse sewesrugby-span, is op die bank. Die Kwêla-span gaan soek kos in die veld saam met die “snuffelkos”-kenner Loubie Rusch. Hulle praat ook met ’n ma wie se seun aan ’n vorm van dwergisme ly. Stephan Weltz wys ons ’n kunsuitstalling met selfportrette wat uit die vorige eeu dateer. En hulle kuier by Jennifer Nel, wat wonderwerke met versiersuiker verrig.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a half men (M-Net): Walden en Alan gooi vir Marty ’n ram-partytjie toe hy Evelyn vra om te trou.

21:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Extant (M-Net): Ethan kry sy eerste droom, ’n onvoorsiene gebeurtenis waarvoor hy nie geprogrammeer is nie. Intussen ontmoet Julie ’n geheimsinnige man by die gim.