17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Die Nutsman hergebruik koperpype vir ’n tafel-lampie, kompleet met ’n energiebesparende gloeilampie. Hy demonstreer ook hoe om sonkragligte in en om jou huis te gebruik. Vir die kampeerliefhebbers wys hy ook hoe om ’n nuttige hangplek vir ’n verskeidenheid kampeertoerusting te maak.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula maak seker sy lyk asemrowend mooi vir die Cosmetique-partytjie. Hilda is opgewonde omdat Emma en Thinus oorkom vir ete.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius slaap by Louw in sy kamer, salig onbewus van wie in die nag daar insluip. Carina kry weer iets van haar geheime bewonderaar af en is vas oortuig dit is Marius. Gerhard bieg dat Eben Sussie se siel uittrek, en sy besluit om hom in eie munt terug te betaal. Astrid is in die tronk en dit lyk of net Stef haar kan help.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana konfronteer Zieg ná Jenny se besoek, en Naomi praat eindelik met Ilse en Okkie. Margot soek ’n dagmoeder, en Ivanka moet iemand anders se geheim probeer bewaar. Een beskuldiging lei tot die ware oorsprong, terwyl ’n ander een as ’n verskoning vir ’n groter probleem gebruik word.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die jonge Strydom Burger droom groot en hoog, en die Kwêla-span droom saam. Hulle hoor watter merkwaardige struikelblokke Dankiel Bottomley oorkom het. Hulle vier ook die eeufees van die Kaapse Filharmoniese Orkes deur na verskeie van hul projekte te gaan kyk. Die avonturier en fotograaf Albert Retief kuier op die bank en die beeldhouer en kunstenaar Anton Smit kyk terug op ’n ongelooflike loopbaan.

20:30 Love That Girl (SABC 2): ’n Jong, geskeide vrou keer terug na haar tuisdorp om onafhanklik te wees en ’n nuwe lewe te begin.

20:30 Meeulanders (SABC3): Ryna van Rensburg vlug na ’n eiland om van haar verlede te ontsnap.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.