Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Marius het sy oog op die Villa-aandele en Vicky hits hom aan. Maar gaan die aandeelhouersvergadering in sy guns swaai?
  • 18:30 7de Laan (SABC 2): Felicity konfronteer Bertus oor Nadia. Hoekom vra die vreemdeling Pulane uit oor Emma?
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Malan is in skok oor wie Nina se regte pa is, en Susanna kry Wimpie voor stok. Tot party mense se vreugde en ander se ontsteltenis word Tonik weer skielik verkoop. Dit lyk vir Rian of Pippa koue voete kry. . .
  • 19:30 Pasella (SABC2):
  • 19:30 Kwêla (kykNET): Rocco de Villiers kom spog met sy nuwe country-album en Michèle Nigrini vertel hoekom ’n klein dorpie soos Rosendal haar kunstenaarsiel goed doen.
  • 20:30 America’s Got Talent (e.tv): Mense oor die hele Amerika stel hul talente, kunsies en waagmoed ten toon.