17:30 Maatband (KykNET): Die Maatband-span wys hoe jy jou kans op ’n soepel, fiks en ferm liggaam  aansienlik kan verbeter deur twee uiteenlopende oefenmetodes te kombineer. Dr. Liana van Dyk vertel ons oor die rol van gesigstruktuur in veroudering.

18:00 Villa Rosa (KykNET):  Carina en Eben se ma doen verder navorsing om te sien of die Villa goed genoeg vir haar kinders is. Nadine is keelvol vir Astrid se slegte behandeling en maak eindelik haar rug styf.

18:30 7de Laan (SABC 2): Emma vertel vir Marko dat haar lewe ewe skielik ingewikkeld geraak het. Matrone  is in haar skik omdat sy Koot se liefde wen.

18:30 Binneland (KykNET): ’n Konfrontasie met Connor se ma lei tot die ontdekking dat iets aakligs aan die gebeur is by Nina se speelgroepie. Okkie se droom lê aan skerwe.

19:30 Modern Family (M-Net): Claire en Phil steek Alex op om op Haley te spioeneer omdat sy nie wil hê haar familie moet weet van haar fotografie-uitstalling nie. Gloria dink Jay droom oor ’n ander vrou.

20:00 The Millers (M-Net): Nathan probeer iets kry waarmee hy sy ma kan verras vir haar verjaardag.

20:30 Reis na gister (KykNET): Rugbyheld Willie le Roux, wat menige Suid-Afrikaanse meisies se hart vinnig laat klop, vergesel Jak de Priester na Stellenbosch. Hy gaan wys ook waar sy groot liefde vir dié sportsoort begin het.