17:30 Maatband (kykNET): Esmé Grové se nuwe voorkoms word onthul. Ons kyk na die pad wat sy gestap het en almal wat haar gehelp het. Moria maak ook ’n dra by die voorkomskonsultant Ria Strauss wat Esmé gehelp het om die regte kleur en styl vir haar liggaamsbou te kies.

18:57 New Girl (M-Net Series Showcase): Schmidt en Nick beplan ’n partytjie om te vier dat hulle 10 jaar saamwoon. Jess trek die aandag van ’n Amerikaanse voetbalspeler, en Cece kry ’n verrassende aanbod.

19:30 Kwêla (kykNET): Fouriesburg in die Vrystaat, Kwêla se vierde dorp van die jaar, vier hul prys en 120ste bestaansjaar. Verder sluit die gaste in: Veronica von Vollenhoven, ’n vrou wat tydens apartheid in die Oos-Kaap by ’n bruin gesin grootgeword omdat haar Pedi-ma haar nie kon hou nie omdat haar pa wit was, en die Glam Guru, Hannon Bothma, wat sy nuwe boek uitreik. Dis ook die derde week van die Funnies-kompetisie.

20:30 The Ultimate Braai Master (SABC3) Vanaand is die tweede episode van hierdie gewilde werklikheidsreeks waar Suid-Afrika opsoek is na 'n nuwe braaikampioen.

20:30 The Mentalist (M-Net): Die span ondersoek ’n moord van 25 jaar gelede wat moontlik met Red John en die Visualize-groep verbind kan word. Lisbon besin oor haar toekoms.

20:30 Reis na Gister (kykNET): Die sanger Matthys Roets is steeds ’n Vrystater al woon hy al donkiejare in Pretoria. Hy neem Jak de Priester terug na sy tuisdorp, Reitz, en wys waar hy sy kinderjare deurgebring het.

22:01 Supernatural (SABC3): Sam en Dean vat ’n heks aan wat haar magte gebruik om ’n dorpie te terroriseer.

Please note: YOU magazine doesn’t guarantee the accuracy of the data supplied regarding programming but publishes in good faith based on information supplied. Networks may alter their programming at their own discretion.