17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Chris en sy bure besluit om ’n laatmiddag piekniek aanmekaar te slaan. Chris berei ’n allegaartjie van happie-grootte proeseltjies en ander smaaklike genotjies voor.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Dali trek in by die meisies, maar dit is ’n groot toets vir hul verhouding. Ryno kom agter dat Lynette vreemd optree. Steek sy iets weg vir Ryno?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef en Vicky is op die punt om weer hulle verhouding te hervat. Cardo se helde-status koop vir hom verblyf in Villa Rosa. Maryke dra kennis van Stef se regte broer, maar Stef stel nie belang nie. Twee geliefde karakters neem afskeid van Bloemfontein. Dit lyk of Eben se betrokkenheid by Cardo nie vir hom gaan uitwerk nie. Die Von West sang-duo boek by die Villa in.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Rian besef waarop Sunette leef, en Breggie wil vir Wimpie by At gaan verkla. Karli maak ’n afspraak met Cedric – en Adelyn is baie bekommerd oor haar vriendin se nuwe gewoontes. Angel en Rossouw stel ’n lokval vir Zieg, en Jana is vasgevang tussen die waarheid en ’n leuen – maar sy het geen idee watter een is watter een nie.

20:00 Kwêla (kykNET): Die speurder Piet Byleveld kuier op die bank en verduidelik wat hy op die oomblik op die verhoog maak. Louise Smit praat oor die kindertelevisieprogramme wat sy begin het: onder meer Haas Da, Pumpkin Patch en Kideo.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.