18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie en Carina se band versterk terwyl Eben en Fran ’n geheimsinnige kokon om hulle skryfprojek spin. Dit lyk asof Wanda desperater is as wat sy voorgee en sy span listig haar web. Stef word drie keer op een dag uitgeskop. Astrid eet haar prooi oënskynlik met smaak. Liam speel sy dubbele rol soos altyd met groot oortuiging en lei ’n niksvermoedende Isabel aan die neus rond.

18:30 7de Laan (SABC2): ’n Desperate Herman moet aanvaar daar is niks wat hy vir Nadia kan doen nie.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Gustav en Margot vryf mekaar verder verkeerd op, terwyl Daleen nie weet hoe om Sonja te vergewe nie. Daleen wil weet wat Leenta se doel is. Wimpie maak moles met Breggie. Jana gee ’n dokter goeie raad, terwyl Tertius At en Sonja konfronteer.

19:30 Modern Family (M-Net): Jay reël ’n uitstappie vir die Pritchett-gesin na Las Vegas met luukse hotelverblyf. Intussen probeer Claire haar dobbelskuld afbetaal.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span gaan kyk na die fassinerende werk van twee wild-chirurge wat ’n groot impak maak om die stroping van renosters te help bestry. Burnise Silvius van die Suid-Afrikaanse Ballet- teater wys ons hoe lyk ’n dag in die lewe van ’n prima ballerina. En hulle gaan kuier by Kokkedoor se Le Roux van Vuuren by sy restaurant langs die Weskus.

19:30 Pasella (SABC2): Die Pasella-span wys ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Two and a half men (M-Net): Walden hou partytjie saam met Jenny en haar sexy vriendinne. Alan en Lyndsey se verhouding is in gevaar.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.