17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Wanneer toeriste en dagbesoekers in groot getalle gedurende hoogseisoen op die klein dorpie Franschhoek toesak, word die gesellige tonele onder die plaaslike gemeenskap gekenmerk deur talle huispartytjies, buitelug middagetes en natuurlik die immergewilde braai. Wanneer Chris ookal ‘n uitnodiging na een van hierdie ontvang, bied hy altyd aan om ’n slaai, brood of poeding saam te bring, tesame met die gebruiklike bottel wyn.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno en Linda ondersteun Bernard in hierdie moeilike tyd. Gita kan aanvoel dat Ty iets beplan. Sal sy hom uitvang voordat dit te laat is?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Nico het vir Fritz en Sonja in sy sak maar Stef is oortuig sy storie is te dik vir ‘n daalder. Nico vang hom onkant met ‘n onverwagse voorstel. Carina probeer peil hoe Eben werklik oor AJ se nuwe romanse voel, maar dit, of eerder Eben, ontplof in haar gesig. Anthony en Isabel sit weer vas oor Maryke wat listig voortspeel. Gunther voel dinge draai uiteindelik in sy guns wanneer hy ‘n opwindende ontdekking maak.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Merle het ‘n boodskap vir ‘n hardkoppige Gertrude en Cheri-Lee is senuagtig oor die sentrum. Zieg sê vir Susanna dat At is ‘n gevaarlike man en Merle is opgewonde om haar suster te sien. ‘n Ete-afspraak kan lei tot ‘n herontmoeting en Pippa maak seker Rian weet wat op hom wag…

20:00 Kwêla (kykNET): Ons sien watter verskil die Woodrock Animal Resque in die lewe van diere maak. Ons kyk na Pieter Nel se speelgoedmotor-versameling. Dr. Elmi Muller het chirurgiese geskiedenis gemaak, en ons praat oor die merkwaardige werk wat sy doen. Franz Struwig kom vertel van die nuwe toestel wat die pad vir fietsryers veiliger sal maak. En ons kuier op Albertinia by Dennis Karelse, die Wes-Kaap se Skoolhoof van die Jaar!

20:30 Meeulanders (SABC 3): Ryna van Rensburg vlug na ’n afgeleë eiland op die Weskus om van haar verlede te vergeet.

20:30: WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.