Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): On vanaand se episode wys Gerrie daar steek meer in Mauritius as net ’n wittebroodbestemming.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die (mis-)avonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Die harde waarheid van Altus se gesondheid is besig om Vanessa onder te kry. Gaan hy ten volle herstel? Bernand maak ’n deurbraak in sy ondersoek. Willem is die middelpunt van alle aandag.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz is verstrooid, maar Liam tree as sy vertroueling en redder op. Marius en Vicky het gemengde gevoelens oor die situasie met Louw.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): Die lekkerkyk sitkom volg die wel en wieë van ’n groep wetenskaplikes en hul pogings om die werklike wêreld, nie die laboratorium, om hulle beter te begryp.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die Ferreiras weet nie wat om met die waarheid te doen nie. Pippa soek Christiaan se raad oor ’n privaatsaak. At oorweeg Jennifer se saak, en Herman kan dalk die doring in Jana se vlees wees.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 Proesstraat (kykNET): Kom geniet die mannewales van die klomp komediante wat kragte saamspan om vinnig op hulle voete skreeusnaakse roetines uit te dink. Vet pret.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.