18:00 Villa Rosa (kykNET): Sussie en Eben beplan ’n romantiese aand vir Carina en Marius, maar die uiteinde is beslis nie wat hulle verwag het nie. Fritz probeer Astrid oortuig Stef sal haar mettertyd vergewe, terwyl Stef sy woede oor Astrid se onverwagse beloning met Isabel en Vicky deel. Astrid vra Isabel om vergifnis en dit ontstel haar van voor af.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula maak Matrone mooi vir Neville se partytjie. Gaan Emma Marko vra om te trou?

18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.

18:30 Binnelanders (kykNET): ’n Groot verrassing wag op ’n verpleegster. Dawn kry ál meer snuf in die neus oor Frankie. Marcel maak ’n ontdekking wat Ilse se lewe omvêr kan werp.

19:30 Modern Family (M-Net): Jay, Gloria en Manny daag mekaar uit om ’n bietjie uit hul gemaksone te kom. Mitch en Cam verkoop van hul besittings omdat hul troue ál duurder raak.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-spanwys hoe ’n mini-hospitaal in ’n bus gebou word en kuier by een helfte van vanjaar se Kokkedoor-wenners op Clarens, Elsa Buys.

20:00 Pasella (SABC3): Die Pasella-span wys vir ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings, met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en hulle kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden stel homself in gevaar en vra Rose om hulp.

21:30 Swartwater (SABC3): Toe ’n egpaar hul enigste kind verloor, trek hulle na die dorpie Swartwater om van hul vorige lewe te vergeet.