18:00 Villa Rosa (kykNET):  Wouter probeer sy bes met Fritz, maar sy oupa is ferm en weier om bes te gee. Anthony dwaal soos ’n gees deur die Villa en niks wat Fran doen, beur hom op nie. Vicky en Stef speel ’n gevaarlike liefdespeletjie.

18:30 7de Laan (SABC2): Wat gaan Nadia doen toe sy uitvind oor Bertus en Sonja? Errol se omstrede artikel laat hom in die moeilikheid beland.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET):  Leenta is geskok oor die nuus wat sy hoor en Naomi weet nie hoe om op goeie nuus te reageer nie. Daleen neem eindelik beheer en Zadie het dalk ’n nuwe huismaat.

19:30 Kwêla (kykNET): Die 25ste April is Malaria-dag.Die Kwêla-span praat met kenners oor die gevreesde siekte. Hulle wys ook vir ons die Stellenbosch Libertaskoor wat 25 jaar gelede gestig is om mense deur musiek te transformeer en verenig.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.  

20:00 The Millers (M-Net): Nathan is bekommerd dat sy ma hom grootgemaak het met die denke dat hy beter is as ander, en raak dan bevriend met Doug.

20:30 Groen Reis (kykNET): In die Queen Elizabeth Nasionale Park vaar Dave op met die Kasinga-kanaal, geleë in die vloer van die Groot Slenkdal waar olifante, buffels en ander diere aan die oewers van die kanaal volop is.