17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Doen-dit-self-projekte kan professioneel lyk as jy by die beste nutsman leer. Riaan span sy houtwerkkennis in om jou te leer hoe om ’n koekroller en tafelpote op ’n draaibank te draai. Ons maak ook ’n koffietafel van soliede eikehout, en Riaan wys hoe houtskaafsels en skuurpapier ingespan kan word om hout blink te poets.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Pulane is senuagtig oor haar eerste dag by Eclectic E. Intussen sukkel Charmaine en Danelle om alles sonder haar te hanteer. Vince weier om met sy familie te praat.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Sussie se troukoors is aansteeklik. Vicky ontwerp vir ’n vale; Fran wil die voortou neem, terwyl Lindie bemiddelaar speel. Astrid is oortuig sy het geldige bewyse dat Marco ’n swendelaar is en betrek Stef en Fritz. Gaan hulle die troue betyds keer of net Sussie se vertroue skend? Marius en Carina probeer hul verhouding red, maar dan sien Carina iets wat haar ontstig.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Vergifnis is nie iets wat maklik kom nie. Southern Hope en Binneland Kliniek wedywer albei vir dieselfde BBP-kliënt – terwyl die kliënt sorg vir sy eie ortopediese verrassing. Ivanka maak ’n baie teleurstellende ontdekking, en die Jonkers se besluit jaag At die harnas in.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Darryl David, die organiseerder van die Boekbedonnerd literêre fees, kuier op die bank. Die span gaan kuier ook by die voormalige Cheetah- en Springbok-rugbyspeler André Venter en sien hoe lyk ’n dag in sy lewe in Bloemfontein. Hulle praat met Francois Malherbe, ’n seun met ’n ongewone stokperdjie: Hy versamel die geraamtes van diere wat langs die pad omkom! Dan kyk ons na nog Kwêla Funnies!

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Gretchen dwing Alan om sy ware identiteit aan Larry te onthul.

20:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

22:30 Hot In Cleveland (SABC3): Drie vroue se lewe word drasties ontwrig toe hul vliegtuig in Cleveland pleks van Parys land.