Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Koöporasiestories (kykNET): Die gewilde verhale van PG du Plessis word hier vir die televisie verwerk. Skreeusnaakse vermaak vir die hele gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Vanessa sukkel om op haar werk te fokus. Bernard en Sifiso vind ’n oplossing vir hul verblyfprobleem. Oubaas is bekommerd oor Hilda wat met een voet in die graf staan.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz konfronteer Liam oor Stef se probleme en hoor iets waarop hy nie voorbereid was nie. Vicky en Stef wend 'n poging aan om hul wankelende verhouding te red.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode beplan Amy ’n Victroriaanse styl ete, en Leonard en Sheldon doen saam met die meisies inkopies.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ilse wil nie vir Okkie raadpleeg oor Tonik nie en daar is 'n sensitiewe taak wat moet uitgevoer word voor die moed 'n mens begewe. Herman jaag met Sonette na Ongevalle.

20:00 Kwêla (kykNET): Sheila van Dyk wys haar lappieskomberswerk en die fotograaf Lien Botha gesels oor haar eerste roman.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg. In vanaand se episode vererger Koos se testament die magstryd tussen Dolf en Herman. Vanaand is die slotepisode.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode kry Alicia en Dean met ’n bekende vyand in ’n seksuele diskriminasiesaak te doen.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand reis die span na die Suid-Kaap, na die SA Jaggeweerskietvereniging se nasionale kampioenskap.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode raak dinge vermaaklik wanneer Crazy Eyes en Alex by die dramaklas aansluit.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.