17:30 Maatband (KykNET): Maatband steek kers op by Low Carb SA om uit te vind hoe suikersiekte beheer kan word.

18:00 Villa Rosa (KykNET): Nadine is geweldig ontsteld oor die vorige aand se gebeure en bekla haar lot by Astrid. Lerato is keelvol vir haar pa se houding en maak dit duidelik dat sy na Petrus toe sal gaan.

18:30 7de Laan (SABC 2): Herman is bekommerd dat Nadia haar skoolwerk gaan afskeep as sy vir die Hillside Times gaan skryf.Koot probeer Matrone se hart sagmaak met drie bosse blomme.

18:30 Binneland (KykNET): Franz skuld Vivienne ’n antwoord. Okkie het raad vir Gideon oor Marlien. Daleen berei Rian voor op ’n ontmoeting.

19:30 Modern Family (M-Net): Claire is vasbeslote om vir die mense by die werk te wys sy is meer as net die baas se dogter. Haley wil Alex help om sy selfvertroue ’n hupstoot te gee. Gloria gee Lily raad oor seuns.

20:00 The Millers (M-Net): Nathan is verbaas dat Debbie sy pa se gunstelingkind is; daarom besluit hy om al Debbie se geheime aan sy ouers te vertel.

21:00 Isidingo (SABC 3): Barker nooi sy broer na sy huis. Charlie is bekommerd dat Eddie dalk weet wat haar geheim is.