17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Kyk na die opwindende reise wat Gerrie Pretorius weekliks met die span aanpak.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Lynette se reputasie hang aan ’n fyn draadjie. Anna en Marko ontmoet vir ’n onderhoud en die aantrekking tussen hulle is duidelik. Sal hulle hul oorlaat aan temtasie?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef probeer Vicky gerusstel, maar sy is in ’n toestand oor Liam. Celine moedig Cardo aan om ’n ooreenkoms met Chubby aan te gaan en is bekommerd oor die Villa Rosers se veiligheid.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi vat vir Adelyn vas oor ’n man – en moedig haar vriendin aan om met Nick te praat. Herman en Gustav se vete duur voort, en lei tot ’n skok-besluit. Leon soek antwoorde oor Anleo, en Wimpie word gewaarsku. Morné se idee word afgelag deur Liezl, en Nick maak ‘n ontdekking oor homself.

20:00 Kwêla (kykNET): Die hoof van die Suidoosterfees kuier op die bank. Ons gaan proe en kuier op Darling by Darling Sweets en gesels met die voormalige Mej Dowe SA, Vicky Fourie.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.