18:00 Villa Rosa (kykNET): Anthony wil kyk hoe dit met sy pasiënt in Astrid se kamer gaan en is geskok oor wat hy sien. Marius reik verder uit na Stef, terwyl Carina wroeg oor haar gevoelens vir haar baas.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma wonder of haar plan met Thinus gaan werk. Charmaine maak ’n besluit oor haar toekoms.

18:30  Big Town Dance (M-Net): Die Got to Dance-beoordelaar Ashley Banjo en sy mede-Diversity-lede leer die mense van Stockton-on-Tees dans. Hulle het net twee maande om te oefen voor hulle voor meer as 5 000 inwoners moet optree.

18:30 Binnelanders (kykNET): Morné en Emil se nuutgevonde vryheid laat hulle ál meer handuit ruk. Jana se waagstuk werp vrugte af toe sy nog geleenthede aangryp om At en Binneland te bemark.

19:30 About A Boy (M-Net): Will nooi Sam na ’n speletjiesaand by Andy en Laurie.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span loer in by dr. Pierre Edwards, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se onderwys-medaljewenner. Eldridge Jason stap terug op sy gevaarlike spoor van dwelmmisbruik.

20:00 The Millers (M-Net): Nathan stel sy baas, Ed Dolan, aan Tom voor en hoop hulle gaan goed oor die weg kom, maar Ed het net oë vir Carol.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.