17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Vir die Sondagtafel braai Chris ’n skaapboud geïnspireer deur die Midde-Ooste saam met ’n skitterende verskeidenheid vars tuingroente. Met Franschhoek midde-in die druiwepluktyd voel hy geïnspireerd om die sappige bessies as ’n onwaarskynlike bestanddeel in sy resep vir roosmarynbrood in te sluit. Intussen verlei Chris se klapper-en-grenadella-koek gaste van onder ’n glas koepel uit.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die avonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince is besig met die laaste bietjie voorbereiding vir die Senbank-geleentheid. Toe besef hy iets skort met die seep. Is dit Gita se handewerk? Altus verbrou se laaste kans met Paula.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dis die dag van Astrid se verassing. Vicky se rok is reg maar Stef ontnugter haar weer. Marius moet albei sy ekse deur feitlik identiese situasies onderskraag. Nico burger homself by die Villa in. Fran ontmoet Maryke en is nie bang om haar mening te lug nie. Sonja se eerste dag by die werk breek aan, maar dit lyk of Paul reeds moed verloor het. Terwyl Stef die verlede herleef, neem Vicky ’n lewensbesluit.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie besluit om namens Okkie te praat, terwyl Ilse ’n bekentenis maak aan Morné. Daar heers kommer oor Tertius se werklading – en dan diagnoseer hy ’n pasiënt ook boonop nog verkeerd. ’n Busdiens en ’n selfoon wat afgeskakel is veroorsaak hartsprobleme. ’n Dokter bied Rian geld aan, en Okkie is oorgehaal om sy plan deur te voer.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons hoor die ongelooflike verhaal van Jaun Truter en maak Franse wyn met Lynne Baker. Ons sien wat dit verg om Kilimandjaro uit te klim as jy net 10 is. Billy Breytenbach, ’n geheuekampioen, kuier op die bank. En ons gaan loer in by Gert Jacobs, ’n eiendomsmagnaat op Wolmaransstad.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met ’n sterk persoonlikheid pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom gebyt het.