Wat is vanaand op die kassie?

18:27 7de Laan (SABC2): Emma voel nog meer deurmekaar oor haar gevoelens vir Rick. Herman sukkel steeds om Nadia te vertrou.

18:30 Binneland (kykNET): Quinton is in ’n slegte bui. At vertel vir Franz wat hy met Yolandi gaan doen. Bea moedig Franz aan om op die toer te gaan.

19:30 Kwêla (kykNET): Vanaand se gaste is die rockgroep Spoegwolf, die beeldhouer Otto du Plessis, die sanger Anton Goosen, die terapeut dr. Melodie de Jager en die dirigent prof. Petru Gräbe.

20:30 The Mentalist (M-Net): Jane vra die kultusleier Bret Stiles se hulp om Lorelei Martins uit die tronk te kry in die hoop dat sy hom na Red John sal lei.

21:30 Pretty Little Liars (M-Net Series Showcase): Dinge lyk sleg vir Hanna. Die meisies vra Mona om hulp. Iemand uit Jason en Alison se verlede daag in Rosewood op.

22:00 Supernatural (SABC3): Castiel spaar Bobby en die Winchesters se lewens en begin sy tog om alles wat verkeerd is in die wêreld reg te maak.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die verskafte inligting waarborg nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul eie diskresie aan.