17:31: Woef & Kie (kykNET): Ons kom meer te wete oor die Skye-terriër en wat dit behels om jou troeteldiere op ’n binnelandse of buitelandse vlug te sit, maak ’n draai by die akademie vir etologie en woon die jaarlikse skaaphond-veldkampioenskapsbyeenkoms by.

19:30 Mooiloop! (SABC2): Valiant en Denvor kuier op Uniondale in die Suid-Kaap waar hulle Karoo-gholf leer speel tussen die skape en sien hoe heerlike koeldrank van aalwyne gemaak kan word. Hulle besoek seepmakers en mense wat volstruiseiers uitbroei, kyk hoe word heuning uitgehaal en loop deur die pragtige klipkerk. Die gasaanbieder is die aktrise Lika Berning, wat leer hoe om ’n “roosterbrood-biefstukstapel” te maak. 19:31 Kwêla (kykNET): Coenie-hulle gesels met Patricia Machobane, ’n gemeenskapsleier van ’n groep wat hulleself as swart Afrikaners beskou en op Onverwacht naby Pretoria woon, die kinderliedjietannie Elisabeth Fourie en Sarie-redakteur, Michelle van Breda. Dis ook die eindronde van die Feite & Geite-videowedstryd. 19:32 King & Maxwell (M-Net): Reeks eindig.King se ondersoek na die Ritter-sluipmoord kan sy vennootskap met Maxwell kelder. 20:30 The Mentalist (M-Net): LaRoche vra Jane moet help toe iemand ’n houer steel wat hy nege jaar in sy kluis gebêre het.

21:33 The Ultimate Braai Master (SABC3): Die ses oorblywende spanne reis na Forever Resorts by Plettenbergbaai. Die drie spanne wat uitgeskakel is, het ’n kans om terug te kom; hulle ding mee teen mekaar in die reddingsuitdaging, waarna ’n span huis toe gestuur word.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.