17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): Ons reis verder in Vietnam tot amper teenaan die Sjinese grens in die noorde waar ons die antieke ryslande van Sapa besoek. Ons klim op ’n bus en beweeg suid en ervaar die land se oorlogsgebied eerstehands.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Bonita ontvang ’n aanbod. Dis die begin van ’n nuwe hoofstuk in haar lewe. Marko steek sy gas van Anna en sy vriende af weg.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Eben betrek Carina by sy planne om ’n verrassing vir Celine en Cardo te reël. Lida moet voorberei vir die aand se kuier, maar teisterende nagmerries belemmer haar fokus. Liam ontdek Saskia se grootste geheim.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Ilse waarsku Ivanka oor geheime, Rian is op soek na antwoorde en Mornéwil graag Liezl se familie ontmoet. Ribivirin is blykbaar die antwoord vir almal en At is verbaas oor Ivanka se houding.

20:00 Kwêla (kykNET): Lizz Meiring kuier op die bank en ons verken die toeriste-aanloklikhede in Abu Dhabi. Wim de Villiers, die Universiteit van Stellenbosch se nuwe rektor, praat op die kampus oor sy nuwe werk.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.