10:00 Friends With Beter Lives (M-Net): Bobby probeer Andy oortuig om ’n babaoppasser te kry om na Charlie te kyk.

18:00 Villa Rosa (kykNET):  Fritz is bekommerd omdat Sussie se aandag nie by haar werk is nie. Intussen het Wouter die skoot hoog deur en probeer uitvind hoe Lente regtig oor hom voel. Marius vind uit van Eben se geheim en dié is hoog de josie in. Hy oortuig Marius om met sy perd te ry en Marius aanvaar die uitdaging. Anthony oorweeg dit om ’n botoks-kliniek oop te maak, maar nie almal ondersteun sy idee nie.

18:30  Bet On Your Baby (M-Net): Vyf gesinne met twee- of driejarige kleuters gaan weddenskappe aan om geld vir die kinders se universiteitsopleiding te wen.

18:30 7de Laan (SABC2): Oubaas  is op pad Oostenryk toe. Pulane se vriende is geskok toe sy haar aanvaller in Stasie Ses herken.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie beland in ’n kritieke toestand, en Ilse en Okkie word genoodsaak om tot die uiterste te gaan om sy nasate op te spoor. Daleen moet Tertius ondersteun toe hy meen hy het nie sy pligte nagekom nie. Dit is baie duidelik dat At ’n definitiewe gunsteling het wat die reeks moet aanbied.

19:30 Kwêla (kykNET): Die avonturier Vasti Geldenhuys is op die bank om te praat oor haar tog op ’n roeiboot van Marokko tot New York saam met haar kêrel, Riaan Manser. Die Kwêla-span gaan kuier by die kosskrywer Niel Stemmet en gaan maak ook ’n draai by die indrukwekkende “wolbom” by die Voortrekkermonument.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan laat Lyndsey se kêrel toe om vir hom ’n toe-oogafspraak te reël. Intussen help Walden Nicole met haar projek sodat hy meer tyd saam haar kan deurbring.

21:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Extant (M-Net): John begin in Molly se geestestoestand twyfel toe haar swangerskap bevraagteken word.