17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus voel verantwoordelik vir Paula en Marthinus se bekgeveg. Anna stel haar verantwoordelikheid as joernalis bo haar vriendskappe. Matrone koop vir Oubaas met koeksisters om.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is op ’n missie om Liam finaal vas te trek. Marius se afwaartse spiraal neem ’n nuwe wending aan en hy rig ’n vreemde versoek aan Cardo. Celine is opgewonde maar ook effe skrikkerig oor haar aand in die Rooi Granaat.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode ontmoet Leonard en Sheldon se ma’s, en Sheldon wil aanbeweeg met Amy. Vanaand is die slotepisode.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die Du Preez’s gaan moet leer om saam te staan. Morné hoor iets wat hom baie bekommerd maak. Sandy deel haar bevindings met Herman, en Jana vra vir hulp wat haar duur te staan kan kom.

20:00 Kwêla (kykNET): Hannes van Wyk en sy span Kwêla elke week 'n hond uit 'n bos met indrukwekkende mense, reis na interessante plekke in Suid-Afrika en deel nuus oor teater, kuns en ander kultuur aangeleenthede.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode kry Kalida ’n leidraad in Cary se saak, en Alicia neem deel aan ’n TV-debat.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Die voorbereiding en aanbied van 'n prestige wildveiling kom onder die vergrootglas as ons die Golden Breeders veiling by Castle de Wildt besoek. Plus ons kuier saam met Tom Miranda.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode kry die tronk ’n Rent-a-Rabbi.

21:00 Top Gear: Botswana Special (BBC Brit): Die manne ry met tweedehandse motors oor die vlaktes van Botswana.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.