Wat is vanaand op die kassie?

18:00 Guys with Kids (M-Net): Marny stem in om na die kinders te kyk sodat Gary die dag af kan vat. Die ouens help Sheila om uit haar woonplek te trek sodat hulle hopelik die Giants-kaartjies kan opspoor.

19:30 Kwêla (kykNET): Coenie de Villiers gesels met ds. Laurie Gaum en sy pa, die emeritus-predikant dr. Frits Gaum, die rock-groep Van Coke Kartel tree op in die ateljee en daar’s nog ’n paar snaakse video’s in die Funnies-kompetisie.

20:30 Reis na Gister (kykNET): Die aktrise en dramaturg Lizz Meiring wys vir die aanbieder Jak de Priester waar in Pretoria sy grootgeword het.

20:30 The Ultimate Braai Master (SABC3): Die 12 oorblywende spanne reis na die Jozini-dam in KwaZulu-Natal waar hulle ’n vis moet vang voor die son sak. Die druk is te veel vir party en vier spanne kan uitgeskakel word.

20:30 The Mentalist (M-Net): ’n Vermiste student se lyk word in die natuurhistoriese museum gekry.

21:30 The Exes (SABC3): Holly en Haskell gaan op ’n oefenlopie-afspraak. Stuart probeer hard om in te pas by Phil se vriende en maak ’n gek van homself.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.