18:00 Villa Rosa (kykNET): Met Liam op haar spoor maak Astrid haar hand seer toe sy die diamante uit die bottel haal. Liam is steeds besig om Isabel vol gif te pomp en los ’n gevaarlike geskenk in haar woonstel. Wouter is baie opgewonde oor sy toekoms in Monaco en neem Marius in sy vertroue. Wanda gee hom dokumente om sy van te verander, maar Wouter se reaksie vang haar onkant.

18:30 7de Laan (SABC2): Gita ervaar ’n paar probleme met die planne vir haar boetiekhotel. Gaan Paula dit hierdie keer regkry om Ryno te beïndruk?

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Krige sterk aan by Okkie se huis. Tertius wil weer Daleen se voete onder haar uitslaan. At probeer die Jonkers se huweliksprobleme tot sy eie voordeel gebruik.

19:30 Modern Family (M-Net): Phil help Gloria haar ou woonstel verkoop. Claire voel erg te na gekom deur Jay. Luke beplan om by die huis uit te sluip sodat hy ’n partytjie saam met Manny kan bywoon.

19:30 Kwêla (kykNET): Daar word onder meer 'n draai gemaak by Huisgenoot se Days of the Dinosaur-uitstalling. Die pianis Nina Schumann kuier op die bank, dan gaan kuier die Kwêla-span by een van Suid-Afrika se grootste ikone: Ina Paarman.

20:00 Pasella (SABC3): Die Pasella-span wys vir ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstyl neigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Two and a half men (M-Net): Alan raak bevriend met Lindsey se kêrel, Larry, om uit te vind hoekom sy hom bo Alan verkies. Walden help Jenny haar droom as aktrise uitleef.

21:00 Extreme Makeover: Home Edition (SABC3): ’n Span ontwerpers, bouers en selfs die bure het net sewe dae om ’n huis heeltemal nuut te bou nadat die ou huis heeltemal platgeskraap is.