17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Riaan wys jou stap vir stap hoe om jou eie TV-kabinet te bou. Hy wys ook ’n maklike manier om die deurmekaar kabels agter die TV-eenheid netjies te laat lyk.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula en Altus baklei in die deli. Irma besoek Nadia in die kliniek.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dis die dag van Oom Gerhard se “prosedure” en Fran jaag almal op hol met allerhande ongemaklike vrae. Astrid konkel lustig voort, en Lindie is opgewonde oor haar tweede afspraak met die sogenaamde Arnold Swiegers. Isabel pak die bul by die horings wat Lindie betref en Vicky is allesbehalwe gelukkig. Dan lyk dit of Astrid se maatjie nie meer wil speel nie.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die komplot kan dalk net werk – as alle partye suksesvol gemanipuleer kan word – en ’n afspraak raak skielik baie besig. Michelle se gesondheid is ’n kopseer vir Gustav, en Jenny ontmoet Pippa en Daleen. At verbaas Jana.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Die gewilde Laurika Rauch is op die bank om oor haar nuutste album, Wals, Wals Willemien, te praat. Naankuse is ’n rehabilitasiesentrum vir wilde diere in Namibië. Die Kwêla-span kyk na die merkwaardige werk wat Marlice en Rudi van Vuuren daar doen. En kyk dan hulle na nog Kwêla Funnies.

20:30 Meeulanders (SABC3): Ryna van Rensburg vlug na ’n eiland om van haar verlede af weg te kom.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

22:00 Hot In Cleveland (SABC3): Drie vroue se lewe word drasties ontwrig toe hul vliegtuig in Cleveland pleks van Parys land.