Dit is vanaand op die kassie:

18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef is oorgehaal om uit te vind wie eintlik verantwoordelik is vir die aanval op Isabel-hulle en konfronteer Astrid, maar sy het weereens die regte antwoorde.

18:30 7de Laan (SABC 2): Matrone sien ’n geleentheid om Hilda se nuwe ete in minagting te bring. Wie is die donker vreemdeling wat Emma agtervolg?

18:30 Binnelanders (kykNET): Malan verlig sy pa se las, en Daleen let op na Tertius se gedrag wanneer Nina naby is.

19:30 Pasella (SABC2): Pasella kuier op die stel van die nuwe dramareeks Swartwater, en kuier ook by Heinz Winckler.

19:30 Kwêla (kykNET): Corné Krige kom vertel Coenie onder meer van al die manewales op die Survivor SA Champions-eiland.

20:30 America’s Got Talent (e.tv): Mense oor die hele Amerika stel hul talente, kunsies en waagmoed ten toon.