17:30 Maatband (KykNET): Moria Sewald gee ’n oorsig van gesondheids- en skoonheidsprodukte.

18:00 Villa Rosa (KykNET):  Isabel is erg bekommerd oor oor Carlo se gemoedstoestand, maar Liam oortuig haar dat hy met Carlo sal praat. Anthony oorreed vir Stef om namens hom met Astrid te onderhandel.

18:30 7de Laan (SABC 2): Bonita wonder of sy eendag uit Wessel se kloue sal kan ontsnap. Gaan koot vir Matrone se planne val?

18:30 Binneland (KykNET):  Tertius sukkel tevergeefs om vuur in sy huwelik te blaas.’n Bekommerde Bea is verskeurd tussen Franz se krisis en haar kinders wat moontlik in lewensgevaar is.

19:30 Modern Family (M-Net): Phil en Claire wil ernstig met Hayley praat oor haar toekoms, maar sy stel nie belang nie. Jay se vriende Shorty en Dalene gee vir hom ontstellende nuus.  Mitch en Cam besluit om ’n romantiese ete te hê waar hulle glad nie oor die troue of Lily praat nie, maar dit lei net tot ongemaklike stilte tussen die twee.

19:30 Kwêla (KykNET): Die Kwêla-span kuier saam met die Survivor-deelnemer Marsha Wessels, regter Edwin Cameron en die akteurs Ivan Botha en Donnalee Roberts.

19:30 Isidingo (SABC 3): Calvin sukkel om sy oom se gedrag te verstaan. Lerato en Sechaba ondersoek saam die beginsels van sosiale media.

20:00 The Millers (M-Net): Wanneer Nathan weier om verder Carol se chauffeur te wees het Adam dit goedgedink om haar rond te ry. Adam en Carol vorm ’n onverwagse band wat almal verras.

20:30 Reis na gister (KykNET): Jak de Priester kuier in die Rosestad van die Vrystaat waar Desire Gardner grootgeword het. Hulle besoek ’n parkie naby haar ouerhuis en haar laerskool waar haar maats liefde vir drama gedeel het.