Wat is vanaand op die kassie?

19:00 New Girl (M-Net Series Showcase): ’n Parkeerplek naby die woonstelblok raak beskikbaar, en die vriende stry oor wie dit moet kry.

19:30 Mooiloop! (SABC2): Valiant en Denvor kuier op Heidelberg in Gauteng saam met die aktrise Amalia Uys, voorheen San-Mari in 7de Laan. Denvor besoek die township om na ’n internasionaal erkende gumboots-dansgroep te kyk. Amalia nuttig ’n regte Engelse “high tea” en gaan kyk hoe goudsmede werk en hoe pêrels gestring word. Valiant kuier onder meer by ’n bekende waterverfskilder en doen aan by ’n koekversierdersgilde.

19:30 King & Maxwell (M-Net): Die eerste seisoen begin. Sean King en Michelle Maxwell is twee gewese Amerikaanse geheimediensagente wat saamspan om misdade op te los. Sean help ’n vriend wat van moord aangekla word.

20:30 The Ultimate Braai Master (SABC3): Die tweede seisoen begin. Binne twee maande lê 15 spanne meer as 8 000 km af om verskeie braai uitdagings te trotseer en groot pryse te wen.

21:00 Robinson Regstreeks (kykNET): Baie Suid-Afrikaners worstel met armoede, werkloosheid en wantroue. Is rassisme nou erger as vantevore? Watter struikelblokke is daar op pad na nasiebou? Pieter Vorster, die voorsitter van die Afrikanerbond, en prof. Julian Sonn, van die bestuurskool aan die Universiteit Stellenbosch, bespreek die onderwerp.

21:30 CSI (M-Net): Die span probeer deurdring tot die sesjarige getuie van ’n driedubbele moord.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte programinligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.