17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): In hierdie uitsending sluit Nadia, ’n vriendin en voormalige kollega, asook ’n bekwame fyngebak-spesialis, by Chris aan vir ‘n dag van bak in die Franse styl. Op die teemaaltyd spyskaart is ’n keurige verskeidenheid kunswerkies in die kleine. Gekruide botterbroodjies gegeur met sprietuie, suurlemoenskil en peper, en bedek met roomkaas en gerookte salm is maar net die begin. Madeleines, klein sponskoekies oorspronklik van noord-oos Frankryk en ’n Tarte Tatin, ‘n onderstebo tert gevul met gekarameliseerde pruime, dra by tot hierdie uitsonderlike mengelmoes van soetgebak. ‘n Suikersoet palet wat selfs die mees uitsoekerige soettand sal oorrompel.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Anna van Biljon laat nie met haar mors nie. Sal Neville weer haar vertroue kan wen of is dit te laat?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Gunther maak ’n besigheidsbesluit, maar Saskia se nugtere denke lei hom tot ’n onaangename verrassing. Eben wag vir Cardo en Carina waarsku hom op ‘n susterlike manier. Die nette van Maryke se verraad druk Anthony verder in ’n hoek en sy toekoms lyk skielik nog meer duister wanneer hy ’n onverwagse oproep kry.

18:30 Masterchef Australia (M-Net): Kyk hoe die sjefs ’n storm los kook in die kombuis om die groot prys te wen.

19:30 Binnelanders (kykNET): Hoesstroop is net die begin van Susanna se probleme, en Breggie wil deel wees van die pret en plesier – op ’n baie meer gereelde grondslag. Okkie en Ilse doen huisbesoek, en Tertius en Daleen maak gereed vir ’n onderhoud. Karli het planne met ’n joernalis, en Jana is bekommerd oor Susanna.

20:00 Kwêla (kykNET): Hendrik Botha wys ons sy allemintige Coca-Cola-versameling. Ons vier saam met Jans Rautenbach ’n groot mylpaal naby sy plaas, Oulap. Leon van Nierop praat oor Ballade vir ’n Enkeling en ons oefen vir die Cape Epic saam met Henning Blaauw.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Smackdown (e.tv) : Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.