18:00 Villa Rosa (kykNET): Wanda se koms veroorsaak rimpelings in die Villa, en Wouter maak geen geheim daarvan dat hy niks met haar te doen wil hê  nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Almal probeer vir Danelle en Bernard weer bymekaarkry. Paula neem ’n drastiese loopbaanbesluit.

18:30  MasterChef Australia: The Professionals (M-Net): Sjef Pierre White en Matt Preston dien as beoordelaars terwyl die deelnemers hard werk om die volgende MasterChef te word.

18:30 Binnelanders (kykNET): Binneland se reputasie is op die spel weens die Rooikop-debakel. Naomi hoor per ongeluk ’n gesprek wat haar erg bekommerd maak. Karli se onverantwoordelikheid jaag haar ma die harnas in.

19:30 About A Boy (M-Net): Will is hartseer toe hy hoor Sam moet vir ’n werksgeleentheid New York toe trek. Intussen doen Fiona en Marcus alles in hul vermoë om hom beter te laat voel.

19:30 Kwêla (kykNET): Louwna Lohann, die hoofbestuurder van spree.co.za, praat met Coenie oor die sukses van dié aanlyn winkel en e-handel in die algemeen. Die Kwêla-span praat ook met Amelia van Zyl, die meesterbrein agter die ongelooflik suksesvolle leefstylprojek Kamers Vol Geskenke. Aan die Weskus kuier hulle by die skrywer Esta Steyn oor haar boek Biegbrief en ander verhale en haar onlangse sukses in Nederland.

19:30 Pasella (SABC2): Die Pasella-span wys ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden en Alan dink dis tyd dat Berta aftree omdat sy haar rug by die werk seergemaak het.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.