17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Chris se plat-op-die-aarde styl van kook is ligjare verwyder van sy jare wat hy spandeer het as hoogs aangeskrewe sjef by “hoë-vlak” instansies en restaurante. Maar elke nou en dan hou hy daarvan om die ou haute cuisine aspirasies van sy jeug van die solder af te haal en af te stof. Dan berei hy uitsonderlike spesialiteitsgeregte uit sy fynere kookkuns repertoire voor wat ‘n smulpaap se hemel op aarde verteenwoordig. Dit sluit in verkoelde tamatiesop met basilie pesto, viskoekies bedien met ‘n slaai, heuning-verglansde wildsvleis en die ou gunsteling, suurlemoenskuimtert. Die beste van als, soos Chris sal demonstreer, is dat alles bedrieglik maklik is om voor te berei!

18:00 The Middle (M-Net): Volg die misavonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Diederik en Kim ontsnap eerste van Oppiekoffie. Sonja is histeries toe die rowers dreig om Wian finaal stilt e maak. Op die stadium het die polisie nog nie ’n baie belowende reddingsplannie.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Iets verdwyn uit die Villa en Eben besluit Nico is die dief. Stef laat Vicky verstaan dat hy alles gaan uithaal om haar terug te wen. Carina is besorg oor Sonja se gevoelens vir Nico. Maryke se rol van slagoffer verander na verleidster. Gunther wil Isabel se Villa-aandele koop, maar hy besef hy sal moet baklei daarvoor. Gaan Anthony voor sy begeertes swig, of gaan hy betyds deur Maryke sien?

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

19:30 Binnelanders (kykNET): Jana onderhandel oor ‘n kontrak en Cheri-Lee gebruik die kostrollie as ‘n verskoning om haar notaboekie te gebruik. ‘n Foto bring heimweë vir ‘n pasiënt en Zieg is terug.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by die diskuskampioen én kunstenaar John van Reenen op Calitzdorp. Ons kyk hoe 'Ouma Hanna se Boerseep' gemaak word. Karen Thomson, Chris Barnard se kleindogter, praat oor haar verslawing aan suiker. Elanie Kruger is op die bank en gesels oor die skokkende draaie wat haar lewe geneem het. En dan maak ons ’n draai by ’n Taksidermie-fabriek in die Noord-Kaap.

20:30: WWE Smackdown (e.tv): Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.

23:00 CSI: New York (SABC 3): Die span forensiese spesialiste ondersoek raaiselagtige moorde om agter die kap van die byl te kom.