Voorskou van vanaand se Kers-Kokkedoor:

17:30 Woef & Kie (kykNET): Die Sealyham-terriër lyk baie na ’n wit Skotse terriër. Daar word ook met kenners gesels oor of wilde katte ’n voordeel vir die gemeenskap inhou.

18:30 7de Laan (SABC2): Jok Bernard vir Danelle? Antoinette en Ty se plan om Gita finansieel te vernietig begin vrugte afwerp.

19:31 Modern Family (M-Net): Cam weet nie hoe om sy suster van sy verlowing te vertel nie en Phil en Claire loop Luke se sokkerwedstryd mis.

19:30 Kwêla (kykNET): Hoogtepunte van die afgelope jaar.

20:30 Glee (M-Net Series Showcase): Die lede van New Direction moet leer om te "twerk".

20:30 The Ultimate Braai Master (SABC3): Slot. Dis die einde van die tweede seisoen en die wenners word aangekondig.

20:30 Kokkedoor Karoo Kersfees (kykNET): Kersfees in die Karoo is ’n spesiale tyd en die top vier spanne van die eerste seisoen kom terug na Prins Albert om ’n Kersmaaltyd te berei.

21:32 Proesstraat (kykNET): Waldi gaan kuier by sy ouers en vra Melt moet na sy woonstel kyk terwyl hy weg is. Is dit so ’n goeie idee?