carmenkwela-fb

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 Villa Rosa (kykNET): Anthony het sy hande vol met Sussie wat oorhaastige sakebesluite wil maak. Haar pa se ontrouheid laat Carina twyfel in haar verhouding met Marius. Eben is op ’n sending om AJ te ondergrawe, en dan het hy ook sy mes in vir Astrid.

18:30 7de Laan (SABC2): Hilda is terug, maar alles is beslis nie reg tussen haar en Oubaas nie. Gaan Sonja haar baba verloor?

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 Binnelanders (kykNET): Wimpie ontdek die pluspunte van sosiale media, en Gustav vang Quinton uit – terwyl Quinton sy ma skakel oor sy pa. At het ’n plan om die Jonkers te help, en die baba word ’n groot trekpleister vir iemand se aandag. Die uitbarsting by Amoret word baie vinnig gedokumenteer, en Christa het ’n plan met ’n dokter.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span geselsKoekedoor-sake op die bank met die regisseur, Sanet, en Huisgenoot se kosredakteur, Carmen Niehaus. Hulle kuier ook saam met die skrywer Francois Smit oor sy boek, Kamphoer, en die Kwêla-videokompetisie se Feite en Geite-afdeling begin.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge omtrent klap.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden vermoed sy nuwe meisie verkul hom. Intussen knoop Allan ’n verhouding met Larry se suster Gretchen aan.

21:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Extant (M-Net): Yasumoto en Molly span kragte saam om haar baba op te spoor.

23:00 Ghost Whisperer (SABC2): Melinda het die vermoë om met geeste te kommunikeer en help hulle hul boodskappe aan geliefdes oordra voor hulle die lig sien.