Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Leef Jou Reis – Met Gerrie Pretorius (kykNET): On vanaand se episode pak Gerrie die ‘duinepas’ van die Namib-woestyn aan.

18:00 The Middle (M-Net): Volg die (mis-)avonture van dié vreemde gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Sonja geniet haar studentelewe, maar teen watter prys? Bruynwaves se span is bekommerd oor Altus. Pulane waarsku vir Willem oor sy aanlynafsprake.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky se drama ken geen einde nie. Eben konfronteer Cardo en bied weer sy hulp aan. ’n Verliefde Ilse werk saam met Eben by Bakgat, en Celine se desperate poging om Cardo by die Villa te hou is onsuksekvol.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): Die agste seisoen van die gewilde en skreeusnaakse reeks begin vanaand.

19:30 Binnelanders (kykNET): Morné is glad nie beïndruk met Liezl se toekomsplanne nie. Japie stel ’n ultimatum aan Wimpie. Zadie probeer ’n vriend uithelp.

20:00 Kwêla (kykNET): Die verskeidenheidsprogram bestaan uit insetsels deur veldverslaggewers wat dwarsdeur die land reis om die kultuur van die totale Afrikaanse gemeenskap te weerspieël.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg.

21:00 WWE Main Event (e.tv): Kyk hoe die grootste name in die professionele stoeibedryf mekaar in die ring ontmoet om te sien wie die wenner van die groot titel is.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.