17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Suid-Afrika se gunsteling-nutsman, Riaan Garforth-Venter, wys hoe jy ’n kostedoeltreffend en eenvoudig jou huis kan opkikker.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer vind.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince wil Bonita bederf. Diederik vra Kim die groot vraag. Sal Paula op haar eie die Bella Donna-geleentheid kan beplan?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Almal is nuuskierig oor Fritz se aandjie, maar hy verklap nie veel nie. Fran is oortuig dat daar ’n nuwe liefde in sy lewe is, maar Sussie is nie oortuig daarvan nie. Isabel is nie meer geneë om iemand anders aan Fritz voor te stel nie. Vicky, Stef en Louw vertrek met vakansie en Stef vertel vir Marius belangrike nuus. Astrid probeer tevergeefs om die Villa Rosers se respek te herwin. Carina voel jammer vir Marius, maar haar hart klop vinniger wanneer Paul in die omtrek is.

18:30 The X-Factor UK (M-Net): Kyk hoe Louis Walsh, Simon Cowell, Cheryl Fernandez-Versini and Mel B nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius en Daleen sit al weer vas oor Zieg, en Naomi wil Emil se pa vasvat oor Kobus. Morné kry ’n brief wat hy nie geweet het bestaan nie, en Tony stoot sy prys op om van At, Zieg en Jenny ontslae te raak. Daar word ’n besluit geneem oor Kanada, en At moet iets by Zieg kry voor dit te laat is.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kondig die wenners van die Kwêla Funnies- en Kwêla Feite en Geite-kompetisies aan. Ons kuier by een van Namibië se bekende jagters, Danene van der Westhuyzen. Ons praat met die blinde atleet Louzanne Coetzee.

20:30 Love That Girl (SABC2): ’n Jong, geskeide vrou keer terug na haar tuisdorp om onafhanklik te wees en ’n nuwe lewe te begin.

20:30 Meeulanders (SABC3): Ryna van Rensburg vlug na ’n eiland om van haar verlede te ontsnap.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met sterk persoonlikhede pak onderwerpe aan wat ’n wyer sosiale benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele twiste.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom byt.