Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Woef & Kie (kykNET): Ons ontmoet die SACC se kat van die jaar, wys videos van ons kykers se diere, stap rond saam met Top Dog se terapie honde, gaan kuier vir die laaste keer by die Sphynx werpsel en ontmoet die skaars steekhaar Vizsla.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Spies En Plessie (kykNET): As skrywers het Jan Spies en P.G. du Plessis Afrikaanse humor tot in sy fynste vorm volmaak, nou laat hulle dit op televisie blom.

18:30 7de Laan (SABC2): Altus begin die nodige reëlings tref. Gita maak 'n besigheidsbesluit sonder om vir Herman in te lig. Die liefde maak Diederik blind.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef is gefrustreerd met Saskia wat oënskynlik koers verloor het met hulle plan. Hanna en Liam veg teen hulle gevoelens. Die jong manne pak hul besigheidsplanne met nuwe ywer aan. Liam speel sy troefkaart.

19:30 Clipped (M-Net): In hierdie snaakse komediereeks sien ons die daaglikse doen en late van 'n groep haarkappers en stiliste wat by 'n prettige haarsalon werk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Skoknuus kan die einde van geluk beteken. Ivanka het Jana se hulp nodig. Gustav het genoeg gehad van 'n kollega se optrede, en Steve konfronteer Bronwyn oor Lexi.

20:00 Kwêla (kykNET): Ashwin Willemse en Elma Smit kom gesels oor die Rugby Wêreldbeker. Ons maak 'n draai by 'n opleidingskool vir tuiniers in Gansbaai en praat met die lede van die Springbokspan wat ons nie altyd op die veld sien nie.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode is daar 'n onaangename verassing wanneer Peter sy smeerveldtog teen Alicia begin.

21:00 Arrow (SABC 3): In vanaand se episode is Laurel se lewe in gevaar, en Oliver moet haar beskerm ná 'n miljoenêr sy sluipmoordenaar gestuur het om haar te vermoor.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Ons besoek die 2014 PHASA konferensie. Daar word buffel gejag met groot kaliber Krieghoff gewere in die Klaserie gebied, voordat die lope dreun by 'n BigBore skietdag buite Bronkhorstspruit.

21:00 Orange is the New Black (M-Net Edge): In vanaand se episode sal Crazy Eyes moet verduidelik wanneer die tronkpersoneel haar stomende stories onder oë kry.

21:00 Tyrant (FOX): In vanaand se episode raak Jamal paranoïes oor waar Rami se lojaliteite lê.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.