Dit is vanaand op die kassie:

  • 18:00 Villa Rosa (kykNET): Eben werk op Marius se senuwees. Marius is ontsteld oor Carina se belange op die kampus. Stef en Vicky neem Isabel onder hulle vlerk.
  • 18:30 7de Laan (SABC2): Diederik en Kim het hul eerste afspraak en almal wonder hoe dit gaan verloop.
  • 18:30  Britain’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Simon Cowell, Amanda Holden, Alesha Dixon en David Williams die volgende wenner van Britain’s Got Talent soek.
  • 18:30 Binnelanders (kykNET): Quinton voel bedreig toe Jana Pippa by die TV-program probeer betrek. Okkie en Ilse ontvang nuus oor die kunswerk. Zadie se verrassing is groter as wat sy verwag het.
  • 19:30 Modern Family (M-Net): Phil jok vir Claire en dit veroorsaak meer stres as wat hy kan hanteer. Intussen is Mitchell baie omgekrap omdat hy voel Jay sien hom nie eers meer raak nie. Haley en Luke loop iemand by die wassery raak.
  • 19:30 Kwêla (kykNET):
  • 20:00 Pasella (SABC3): Die Pasella-span wys vir ons weekliks die jongste Suid-Afrikaanse leefstylneigings met idees vir spesiale geleenthede, resepte vir lekkernye en kuier ook lekker saam met bekendes.
  • 20:00 Just shoot me (e.tv): Dennis probeer sy ware passie van sy supermodelvrou wegsteek. Maya en Elliot wil hul onbeplande huwelik nietig verklaar.
  • 20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.
  • 20:00 Two and a half men (M-Net): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.
  • 21:00 Extreme Makeover: Home Edition (SABC3): ’n Span ontwerpers, bouers en selfs die bure het net sewe dae om ’n huis heeltemal nuut te bou nadat die ou huis heeltemal platgeskraap is.