18:00 Villa Rosa (kykNET): Wouter en Eben se pokeraand loop baie goed af en hulle besluit om dit weer te doen. Vicky gaan draai in die winkels en Stef let op dat sy ’n nuwe voorkoms het.

18:30 7de Laan (SABC2):  Felicity is geskok toe sy uitvind wat werklik met Sonja aangaan. Diederik en Errol hou albei van Kristin.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET): Malan se waarskuwings teen At maak Daleen baie bekommerd, terwyl Krige se oordeelsfout met Okkie hom duur te staan kom. Quinton en Gustav is skielik nie in staat om klein Katt te help nie.

19:30 About A Boy (M-Net): Marcus vra Will se raad oor hoe om uitgenooi te word na Hannah se verjaardagpartytjie. Fiona ding mee met Hannah se ma, Joanne, omdat sy die koningin van die buurt is.

19:30 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span is op die spoor van engele saam met Sannie Wiese. Hulle ontmoet ook Gerry Cilliers, ’n man wat messe maak. Hulle praat ook met Martjie Malan, die eienaar van Mpâtisserie. Steve Hofmeyr kuier op die bank.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.

20:00 The Millers (M-Net): Nathan wen twee kaartjies vir ’n ete saam met die president. Hy voel dan verplig om iemand in sy familie te kies, aangesien almal saam wil gaan.

20:30 Groen Reis (kykNET): In Uganda se Murchison Falls nasionale park vaar Dave stroomop met die Wit Nyl tot waar die Murchison-waterval stort. Hy verken die uitgestrekte savanna waar die wild nog volop is.