17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 DIY met Riaan (kykNET): Riaan wys hoe om ’n kombuisstoel te maak wat in ’n leertjie kan verander om moeilike plekkies by te kom.  Ons wys ook hoe jy die meganismes van ou lêers kan gebruik om jou gereedskap op te hang.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Errol die regte ding gedoen om Vince te vertel? Pulane bedank en Nthabi soek graag liefde.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die liefde loop hoog tussen Sussie en Marco. Fritz ondersteun Lindie in haar poging om vrede te maak met Simon se dood, maar Sussie en Marius loop draaie om haar. Lindie besef almal is nie so gretig om haar te vergewe vir wat gebeur het nie.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die Jonkers bevind hulle in ’n moeilike situasie, en At neem namens Jana besluite. Ivanka neem ’n besluit oor die skildery, terwyl Bertha baie slimmer is as wat sy lyk.

20:00 Musiek Musiek (e.tv): Laat Tina Meissenheimer en Eagan Williamson jou al die nuutste Afrikaanse musiekvideo’s wys! Hulle kuier ook saam met bekendes, gee resensies en laat die skindertonge klap.

20:00 Kwêla (kykNET): Tannie Poppie Coetzer van Kokkerdoor en haar man, Oom Jan, kuier op die bank om te praat oor haar kookboek wat uitgereik word. Op Bredasdorp is een van die wêreld se grootste boerboelskoue onlangs gehou en die Kwêla-span het gaan inloer. Dan wys hulle die eerste aflewering van die Kwêla-funnies.

20:00 Man Cave (SABC3): Siragusa en Cameron help ’n man om ’n vertrek in sy huis in die perfekte stokperdjie-kamer te omskep.

20:00 Two and a Half Men (M-Net): Alan raak betrokke by ’n geldmaakskema en Walden word deur ’n groot kwessie in die gesig gestaar.

20:30 Geraamtes In Die Kas (SABC3): Vier psigiaters en sielkundiges probeer hul chaotiese lewe balanseer.

21:30 Prontuit (kykNET): Mariëtta Kruger en Kabous Meiring gesels oor vrese rakende die Ebola-pandemie en Pieter-Dirk Uys kuier by ons.

22:34 Hot In Cleveland (SABC3): Drie vroue se lewe word drasties ontwrig toe hul vliegtuig in Cleveland pleks van Parys land.