Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

18:00 The McCarthys (M-Net): Dié komediereeks volg in die voetspore van die sportmal McCarthy-gesin. Hulle is ’n werkersklas gesin van Boston se wêreld met ’n ryk sportgeskiedenis.

18:00 Koöporasiestories (kykNET): Die gewilde verhale van PG du Plessis word hier vir die televisie verwerk. Skreeusnaakse vermaak vir die hele gesin.

18:30 7de Laan (SABC2): Felicity weet nie waar om die streep rakende haar stiefseun te trek nie. Hoekom tree Charmaine so snaaks op? Drink sy weer? Sal Herman uiteindelik die kans kry om Gita te laat les opsê?

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky en Marius worstel met die werklikheid oor Louw, terwyl Stef al hoe meer verstote en beholpe voel. Fritz is boos wanneer hy die waarheid oor sy roostuin hoor en Stef vat vir Liam vas.

19:30 The Big Bang Theory (M-Net): In vanaand se episode is Sheldon omgekrap oor Leonard se operasie, en Penny laat glip wat Bernadette se kollegas van haar dink

19:30 Binnelanders (kykNET): Pippa vra Sonette om die aanbod te heroorweeg. Jennifer gaan Jana se hulp nodig hê om bewysstukke te kry. Die waarheid maak ongelooflik seer, en At laat nie met hom mors nie.

20:00 Kwêla (kykNET): Dana Snyman gesels oo sy nuwe boek, en Sarie se redakteur, Michelle van Breda, praat oor die tydskrif se nuwe voorkoms. Die span kuier by die blinde Paralimpiese atleet Ilse Hayes, en Swakopmund, die laaste dorp in die dorpskompetisie, is in die kollig.

20:30 Konings (SABC 3): Bekroonde drama-reeks wat die lewe van Dolf Groenewald van weeskind tot supermark-magnaat volg. In vanaand se episode is Vlam verstom wanneer Pieter haar vertel Spykerman leef nog en is gevange geneem.

20:30 The Good Wife (M-Net): In vanaand se episode stem Alicia in om haar verkiesbaar te stel vir staatsprokureur, dan roep Eli hulp in om Alicia te druk om ’n besluit te neem.

21:00 Wild & Wragtig (kykNET): Vanaand kuier ons by Dries Visser se wildsplaas naby Thabazimbi waar hy met buffels teel.

21:30 kykNET Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

23:00 Pretty Little Liars (SABC2): ’n Groep vriende staan saam teen ’n anonieme vyand wat hul donkerste geheime kan verklap.