18:00 Villa Rosa (kykNET): Stef en Vicky se verhouding laat ’n wolk oor die Villa en in die Lofts hang en veroorsaak onderlinge spanning tussen die inwoners. Carina is diep bekommerd oor Eben se betrokkenheid by Astrid.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno is bekommerd oor die Hillside Times se swak verkope en Charmaine se trouplanne is in die moeilikheid.

18:30 MasterChef Australia (M-Net): Amateursjefs oor die hele Australië ding mee vir die geleentheid om hul kookkuns se horisonne te verbreed en ontwikkel, maar net een kan met die MasterChef-titel wegstap.

18:30 Binnelanders (kykNET): Quinton se gemoed word nie deur At se mening verbeter nie. Zadie se eerste dag as bestuurder loop nie so vlot soos wat sy wou hê nie. Morné se intrek by Jan begin met ’n paar vuurwerke.

19:30 Kwêla (kykNET): Die sielkundige en akademikus D.A.P. Louw praat met Coenie oor sy spesialisveld: forensiese sielkunde. Vind ook meer uit oor hoe jou stamboom lyk en waar jou voorgeslagte vandaan kom.

20:00 The Millers (M-Net): Tom gaan met ’n baie jonger vrou uit. Nathan dink dit dan goed om op die vrou te spioeneer om seker te maak sy is nie agter sy pa se geld aan nie.

20:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.